Bosveld Stereo (Hartbeespoort)

Bosveld Stereo (Hartbeespoort) 107.5 FM South Africa
2 0

Bosveld Stereo 107,5 FM, die gemeenskapsradiostasie vir die groter Hartbeespoort, Brits, Rustenburg area. Mnr. Graat Pelser het initiatief geneem en saam met plaaslike rolspelers, Mnre. Chris de la Rey, Andries Bresler, Gert van Rensburg, Dr. Bert Botha en Me. Gloria de Koker, die aansoek vir Bosveld Stereo reeds in 2004 begin. Mnr. Graat Pelser het die akte van oprigting gedoen en die eerste aansoek vir ‘n 5 jaar lisensie by die Onafhanklike Kommunikasie-Owerheid van Suid-Afrika (Okosa) is gedoen. Bosveld Stereo is ‘n gemeenskapgerigte radiostasie wat van plaaslike talent gebruik maak om ons luisteraars mee te vermaak. Almal wat tans by Bosveld Stereo werksaam is woon binne die uitsaai voetspoor van die stasie en almal neem ook aktief deel in een of meer van die gemeenskap projekte waarby Bosveld Stereo betrokke is. Ons is ‘n Afrikaans gebaseerde radiostasie met ‘n Christelike agtergrond,dus staan ons geen haatspraak van enige aard voor nie en reik ons ‘n helpende hand uit na die gemeenskap wat ons bedien. ‘N DINAMIESE RADIOSTASIE Bosveld Stereo het op die frekwensie 107.5FM in stereo begin uitsaai op 1 Oktober 2008. Hierdie mylpaal is behaal na jare se voorbereiding en onderhandeling met Okosa en die gemeenskap wat hy bedien. Bosveld Stereo is ‘n besonderse dinamiese gemeenskapsradiostasie,op die Magaliesbergkruin bokant die Hartbeestpoortdamvallei. Hoë punte in Randburg, Sandton, Bryanston, Pretoria se Moot en Rustenburg is binne siglyn van die sender. BOSVELD STEREO SE VOETSPOOR Bosveld Stereo saai uit na ‘n verskeidenheid teikengehore binne die radius van sy voetspoor wat strek vanaf Bryanston, Sandton, Randburg, Roodepoort, Krugersdorp en Randfontein in die Suide tot in die hart van die Bosveld by Thabazimbi in die Noordweste. Sywaarts bereik Bosveld Stereo Centurion, Pretoria-Noord, Pta-Wes en Pta-Oos en tot sover as Warmbad en Nylstroom, Weswaarts oor die Magaliesberg, Brits, Rustenburg en omgewing.

  • Frequency: 107.5 FM
  • Slogan: Die Hart Van Goud
  • First Air Date: 2004
0 comments