Radio H2A

Radio H2A United States, Lexington
0 0

Radio H2A is ‘n eerste in die VSA. Die eerste en enigste Afrikaanse radio stasie wat regstreeks uitsaai vanuit Arkansas, Mississippi en Texas. Daar het ‘n behoefte ontstaan om die verlange wat Suid-Afrikaanse H-2A werknemers het, bietjie te kwel met iets wat eie aan hulle is. Dus het Benji van Niekerk & Ed Paeschel in 2023 Radio H2A begin om Suid-Afrikaners wat in Amerika werk, nader aan die huis te bring met, hoofsaaklik, Afrikaanse musiek en verskeie Engelse genres. Radio H2A het begin uitbrei en dien dus nie net meer net H-2A werkers in Amerika en Kanada nie, maar selfs vir alle Suid-Afrikaners wat tans in Amerika en Kanada woon. Dit is ‘n Afrikaanse stasie wat uitsaai vir Afrikaans-sprekendes regoor Amerika en Kanada. Verskeie programme word deur die week en ook oor naweke aangebied. Hierdie programme sluit in 80’s, Christelik, Afrikaanse partytjie asook goue oues en nog meer. ‘n Christelike boodskap word Sondag oggende uitgesaai waar luisteraars hul padkos kan kry vir die week.

0 comments
Contacts
Address : lexington arkansas
Phone: +1 (662) 849-7903
Facebook: https://web.facebook.com/profile.php?id=100093388462483